Wilropark Gemeente is ‘n Woord en Vernuwings- gemeente wat op ‘n doelgedrewe wyse bedryf word. Ons doen nie iets net bloot omdat tradisie of oorlewing dit vereis nie. Daarom vra ons onsself voortdurend ‘n paar lewensbelangrike vrae :
Wat, waarom, wie en hoe?
Antwoorde hierop hou ons doelgedrewe.
Ons sien onsself as ‘n doel-gedrewe-gemeente, met ander woorde:-
- Ons het ‘n bestaansreg
- Ons het ‘n boodskap
- Ons het ‘n stad om dit in te bereik
Ek nooi jou om saam met ons te stap op pad na ‘n nuwe kerklewe.
COBUS SCHEEPERS
SENIOR PASTOOR